8 minuut jogurtkaaskoek

IN JOU MIKROGOLF Dié resep het my ma per SMS met my gedeel omdat dit so maklik is! En ja, net 8 minute, afkoel – en jy het kaaskoek! GENOEG VIR 1 TERT Ingredients: • 1 x 200 g-pakkie klapperkoekies • 100 g (110 ml) botter, gesmelt • 500 ml dik Griekse jogurt= 1 x 385 g-blik kondensmelk • 5 ml vanieljegeursel
• 100 g witsjokoladesplinters
• sap en gerasperde skil van
2 suurlemoene
• versiersuiker vir oorsif
• witsjokoladesous van jou keuse
Method: Plaas koekies in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot fyn. Voeg botter by en meng tot klam mengsel vorm. Voer mikrogolfbestande broodpan van 20 x 14 cm se bodem met bakpapier uit en spuit pan goed met kleefwerende kossproei. Voer pan se bodem uit met koekiemengsel.Meng res van bestanddele saam en gooi op kors in broodpan. Plaas in mikrogolfoond en verhit 8 minute op hoog. Laat afkoel tot kamertemperatuur en plaas in yskas vir 4 – 6 uur. Keer uit op opdienbord en sif versiersuiker oor. Sit voor met witsjokoladesous van jou keuse.